Prediker 9:7-10 (Fokus vers 10)
7Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. 8Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. 9Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld. 10Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
Om oor te gesels:
- Wat gee vir jou vreugde in die lewe?
- Doen jy dit wat vir jou vreugde gee met toewyding? Waarom of waarom nie?
- Waarom dink jy sou die Here wou hê moet ons moet vreugde in die lewe beleef?
Prakties
Dink na oor die tradisies wat julle as ‘n gesin het. Watter tradisies gee vir julle vreugde? Watter lekker tradisies kan julle byvoeg om saam pret te hê?
Gebed:
Here van my lewe,
Ek bid dat U my sal vul met die blydskap van die Here, ‘n oorweldigende blydskap. U vreugde is anders as enige iets anders wat die wêreld vir ons kan bied. U vreugde bring vrede, vertroue, hoop en rus want U is in beheer.
Die woord sê in Nehemia 8:11: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.” Here, ek sal my oë lig van alles wat ek dink vir my sekerheid gee en op U plaas. Ek weet my vreugde en vrede kom van U.
Dankie Here
Amen