Maandag, 14 Junie

Deernis – Praat en Luister na mense.

Matteus 7:12
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Die teksgedeelte vra dat ons aan ander doen wat ons graag wil hê ander ook aan ons moet doen. Hoe wil jy hê moet mense wat jou nie ken nie met jou praat? Hoe wil jy hê moet mense wat jou nie ken nie na jou luister? Wat sou jy wou hê moet mense wat jou nie ken nie by jou hoor? Wat sou jy wou hê moet mense wat jou nie ken nie, van jou weet?
  • Ons is geneig om net met mense te praat wat dieselfde as ons lyk, dink en praat. Ons maak so want dit is die mense wat ons ken en mee gemaklik is. Wanneer ons meer wil leer oor deernis, het ons nodig om met nuwe mense te leer praat. Hoe laat dit jou voel om te dink jy moet met iemand gesels wat jy dalk nie so goed ken nie? Iemand wat dalk anders as jy lyk, dink en praat? Watter verskoning gebruik jy om nie dit te doen nie? Sou hierdie verskonings goed genoeg wees vir Jesus om nie vir hulle deernis te bewys nie? Deel jou hart met die Here.
  • Ons is geneig om te luister om te antwoord, of te reageer, of te baklei of te antwoord en reg te help. Wat sou gebeur as jy net luister om te hoor. Om nie ‘n antwoord of reaksie van enige aard te gee nie, maar net te hoor wat gesê is, hoe sou dit verskil van dit wat jy normaal weg doen? Hoe luister jy na die persoon se liggaamstaal, kleredrag, status, posisie in die samelewing? Hoe luister jy wanneer jy haastig is, gespanne is, kwaad is? Deel met die Here indien daar enige iets is wat maak dat jy nie mense om jou werklik kan hoor nie.
  • Hoe luister en praat jy met mense? Het jy werklik deernis? Wees eerlik met die Here en vra Hom om vir jou te wys indien daar iets is wat jy nie sien nie.

Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika