Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.
Ons gaan die week kyk na hierdie bede van die Onse Vader?
- God gee ons die voorreg van gebed.
- Hy wil ons egter leer hoe om effektief te kommunikeer (bid)
- In kommunikasie is dit dikwels nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê en wat jy bedoel wat die gesprek waarde gee.
- Die ligtelike voorbeeld geld van die vrou wat aan haar berader sê dat sy nie belangstel daarin dat haar man sê hy sal haar help met die huistake en dit doen nie…. Nee, sy wil hê hy moet dit WIL doen.
- God gee ons die opdrag om te vra vir ons daaglikse brood. Ons mag/moet dit doen.
- Maar hoe doen ons dit?
*Eiegeregtig *Voorskriftelik
*Arrogant asof dit ons reg is? - Ons bede om brood is 'n voorreg en moet in 'n gesindheid van dankbare afhanklikheid gebid word.
- God wil dit vir ons gee, maar nooit word dit my reg nie.
Om oor te dink:
- God gee jou die voorreg om te vra vir jou daaglikse brood?
- Benut jy hierdie voorreg?
- Bid jy hiervoor of is dit iets wat jy dink God in elke geval sal voorsien?
- God wil dat ons in gebed ons afhanklikheid aan Hom erken?
- Hy gee ons die voorreg om daarvoor te vra..
Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood?
Dankie Heer vir die voorreg om dit van U te mag afbid
Maak ons tevrede met dit wat U voorsien o Heer
Amen