Efesiërs 2:8-10
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Om oor te gesels en te dink
Soms vergelyk ons onsself met ander Christene in terme van hóé goeie Christene ons dink ons is. Ons vergeet dat ons uit genade gered is en daarom is ons lewenstyl nie sodat ons gered word nie, maar omdat ons bewus is van die genade wat ons ontvang het. Nie oor ons verdienste of goeie werke nie, want dan sal ons dit nooit kon verdien nie. Nee, genade van God en daarom niks om op onsself trots te wees nie.
Is jy bewus van God se genade in jou lewe? Nie net vir die ewige lewe nie, maar waarmee God huidiglik in jou lewe besig is. Of dink jy dat alles jou eie toedoen is? Neem vandag 'n oomblik om bewus te word van God se genade en God daarvoor te dank.
Gebed
Here, ek word vandag opnuut bewus van __ in my lewe. Ek besef dat dit ook van U af kom. U genade is groter as wat ek daagliks besef. Dankie Here dat U genade nie afhang van my nie, help my om meer bewustelik te leef uit dankbaarheid. Amen.