Lukas 24:8-12
Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle het dieselfde dinge aan die apostels vertel. Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie. Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe.
Om oor te gesels of dink:
Met wie in die teks identifiseer jy? Met die apostels wat gedink het die vroue vertel onsin? Of dalk met Petrus wat self wou gaan kyk?
Neem ‘n oomblik van stilte
Mag jy op hierdie dag na Paassondag na die opstanding kyk met nuwe verwondering. Verwondering wat jou lewe verander – want die Opstanding bring nuwe lewe vir elkeen van ons.
Gebed
Bid vandag en deel met God waar en met wat jy nuwe opstanding en nuwe lewe in jou wêreld nodig het.