Maandag 18 Julie 2022

Lukas 10:38
38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het.

Om oor te gesels of te dink:

  • Maria ontvang vir Jesus. As jy na die res van die hoofstuk kyk, sien jy hoe Jesus en Sy dissipels nie ontvang is nie. So baie mense het grense getrek tussen mekaar. Jesus is nie welkom nie. Die koninkryk van God is nie welkom nie. Mense wat nie bloedfamilie is nie, is vyande. By hierdie gedeelte sien ons ‘n vrou wat Jesus hartlik verwelkom. Sy maak soos die Barmhartige Samaritaan waarvan Jesus geleer het. Sy maak haar huis oop en verwelkom, Jesus, sy koninkryk en nuwe familie wat nie beperk is tot bloed familie nie.
  • Hoe ontvang jy vir Jesus in jou lewe? Hoe lyk dit prakties? Indien ander mense na jou lewe sou kyk, sou hulle kon sien hoe jy Jesus ontvang? Sluit die jou hart, jou hele lewe, jou huis, jou familie, jou vriendekring, jou werk, jou gemeenskap in?
  • Hoe ontvang jy ander mense in jou lewe? Hoe lyk die hart waarmee jy mense ontvang? Is dit diensbaar, vreugdevol en vry? Is dit bitter, verwytend, hard, kwaai? Waarom is dit in jou hart as jy mense ontvang?
  • Praat met die Here en vra vir Hom om vir jou te wys hoe dit lyk om mense, die koninkryk en veral mense wat nie deel is van jou bloedfamilie nie, moet verwelkom, mense soos jou naaste.

Gebed:
Here, gee asb. vir my ‘n gasvrye hart. Gee vir my ‘n hart waarin U welkom voel en vrede kan beleef. Maar meer as dit Here gee asb. vir my ‘n hart waar en met vreugde en liefde ander kan versorg, bederf en liefhê. Dit kom nie altyd maklik nie Here. Help my asb. hiermee.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika