Johannes 21:1-5
Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.
1Daar was nog ’n geleentheid toe Jesus so saam met sy dissipels was. Dit was by die Meer van Tiberias (die ander naam is die See van Galilea). 2So het dit gebeur: ’n klompie van Jesus se getrouste volgelinge was bymekaar (dit was Simon Petrus, Tomas Tweeling, Natanael - hy het uit Kana in Galilea gekom Sebedeus se seuns en nog twee ander). 3Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie. 4Toe die son begin kop uitsteek, staan Jesus daar op die wal. Die dissipels was natuurlik salig onbewus daarvan dat dit Jesus was. 5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?” “Nee wat,” roep hulle terug
Hoe tree ons in onseker tye op?
Die verhaal speel af in die tyd na Jesus se kruisiging en opstanding. Maar die pad vorentoe is nog onseker vir die dissipels. Hul verstaan nog nie presies hoe die nuwe lewe wat Jesus hul belowe het moet werk nie. Hul wonder oor wat hul te doen staan en hoe hul dit moet doen.
Dan maak Petrus 'n voorstel dat hul teruggaan na dit wat hul ken. Hy sê hy gaan sy nette uithaal en visvang. Dis een ding wat hy weet hoe om te doen. 'n Paar dissipels volg hom en gaan saam. Na 'n nag se visvang - die een ding wat hul seker geweet het hoe om te doen - het hul steeds niks bereik. Geen vis gevang.
Dan kom Jesus en word deel van die verhaal. Hy begin deur te vra of hul suksesvol was…
Om oor te dink:
Gebed
Dankie Jesus dat U gesterf en opgestaan het. Dat U hierdeur vir my 'n nuwe lewe kom gee het. Help my om te begryp hoe U wil hê dat ek hierdie nuwe lewe moet leef eerder as om net op my ou manier aan te gaan. Amen