Maandag 2 November

Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Om oor te gesels:

  • Wat beteken hierdie vers vir jou? Wanneer hou jy aan hierdie belofte die meeste vas?
  • Wanneer voel dit vir jou asof jy nie alles kan doen nie? Maak jy op jou eie krag staat in daardie oomblikke? Of vertrou jy dat God alles sal doen wat nodig is?
  • Wanneer ons slaap is ons broos en kan ons niks verrig. Hoe lyk jou slaap ritme? Hoe verkondig jou slaappatrone iets van jou vertroue in God?
  • Hoe lyk dit wanneer jy krag in Christus vind?

Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=yQpKSpgrwQE

Gebed:
Ek sal nie meer diƩ vrees wat my seer maak nie, want U Here gee vir my krag.
Ek sal slaap sonder nagmerries want U Here gee vir my vrede.
Ek sal wakker word met 'n kop wat helder en goed uitgerus is, want U Here gee vir my helderheid.
Ek begin my dag gelukkig, vreugdevol en vry, want U Here het my gerestoureer.
U het vir my nuwe lewe gegee.
Omdat U genade groot is, sal ek met dankbaarheid leef. Ek sal vandag ander help en liefdevol dien omdat ek U MY Here dien.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika