Lukas 10:38-42
"38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=QmMBe5Jy2P0
Gebed:
God skenk my die kalmte om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge wat ek kan verander te verander;
en wysheid om die verskil te ken.
God, gee my die wysheid om een dag op 'n slag te leef;
een oomblik op ‘n slag te geniet;
om ontberinge as die weg na vrede te aanvaar;
God, help my om, soos Jesus, hierdie sondige wêreld
soos dit is te aanvaar, nie soos ek dit sou wou hê nie;
God help my om te vertrou dat U alle dinge sal regstel as ek my aan U wil oorgee;
En dat ek sal besef dat ek saam met U redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe en ek vir uiters gelukkig sal wees in die ewige lewe.
Amen