Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
“Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.” (Lukas 22:19)
Identifiseer:
Hoe baie het jy al die Nagmaal gebruik?
Wat het dit nog altyd vir jou beteken?
Die Nagmaal is altyd ‘n belydenis – ons as Geloofsfamilie bely saam wat ons glo deur saam die Nagmaal te vier
Oriënteer:
Jesus het sy liggaam vir ons gegee aan die kruis. Dit verander alles! In die teksvers word ons herinner dat ons deel het aan Jesus se liggaam elke keer wat ons die Nagmaal gebruik. Ons word Jesus se liggaam hier op aarde om ’n verskil te maak in ‘n donker wêreld.
Bely:
Here, ek bely dat U my Here is. Ek sukkel soms om dit wat ek glo in woorde te sit. Maar ek vier U lewe elke keer as ek die Nagmaal gebruik.
Bid:
Here, hier is my liggaam. Gebruik dit tot U eer om ‘n verskil te maak.