Maandag 22 Maart

Matteus 6:9-13

en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Om oor te gesels:
Hierdie week se fokus van die Onse Vader laat ons nadink oor vergifnis. Dit lê aan die hart van die evangelie. Ons ignoreer dit baie keer omdat ons dink dis onmoontlik om te kan vergewe. God is die Een wat eerste vergewe en wanneer ons hierdie bede bid vra ons die Vader om ons te vergewe.
Die vraag is wat God moet vergewe? Ons oortredings (sonde volgens Lukas 11:4), maar dis nie iets waaroor ons baie dink of praat nie. Tog is dit nodig dat ons voor God sal erken dat ons Sy vergifnis nodig het. Ons erken daarmee dat ons nie net vir onsself leef nie. Wanneer ons ons verhouding met God agterweë laat, moet ons dit erken en bely.
Ons moet dit daagliks bid, soos ons daagliks bid vir vandag se brood.

  • Waarvoor wil jy vandag om vergifnis kom vra?
  • Vertrou jy God genoeg dat Hy jou sal vergewe en dat jy jouself kan vergewe?

Gebed
Ons Vader, ek wil nie altyd erken ek het U vergifnis nodig nie, maar ek kom bely vandag… vergewe ons ons oortredinge. Mag ek vandag weet dat U vergifnis vir my genoeg is.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika