Jona 1:1-3
“Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.” Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy ‘n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af.”
Om oor te gesels en te dink
Jona word deur God geroep om as profeet ’n boodskap aan die mense van Nineve te gaan gee. Maar Jona is onwillig en besluit om van die Here af weg te vlug. Dit is opmerklik hoe die woord “af” gebruik word. Hy kan amper nie verder weg gaan nie. Hy gaan omtrent in die teenoorgestelde rigting.
Wat die Here van Jona vra is nie onbillik nie, maar Jona sien nie kans om dit waarvoor die Here hom roep te gaan doen nie. Hy dink hy kan vir die Here wegkruip. Tog los God hom nie uit nie. Hy bly by hom, al dink Jona hy kan weg van die Here af.
Ons is ook soms so. Ons weet die Here roep ons ons maar ons wil dit nie doen nie en probeer van die Here af weg kom. Tog is God se genade en liefde groter.
Gebed
Here, soms wil ek ook soos Jona net weg van U af, want ek wil nie doen wat U van my vra nie. Dankie dat U my dan nie los nie. Dankie vir U liefde. Amen.