Jakobus 1:26
“As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.”
Om oor te gesels en dink
Jakobus herinner ons om te let op ons woorde. Ons kan nie dink ons lewe reg, maar dink nie na oor ons woorde nie. Dit gaan nie net oor lelik praat of vloek nie, maar om ook heeltyd kwaad te wees en negatief te praat. Ons kan ons nie verlekker aan alles wat verkeerd is en meedoen aan alles wat negatief is en dink ons dien die Here nie. Ons bedrieg onsself, bedoelende ons flous onsself as ons dink ons kan dit so doen. Skinder is ook die verkeerde manier om ons woorde te gebruik. As ons nie ons woorde positief en reg gebruik om ander ons op te bou nie, is ons godsdiens waardeloos.
Wanneer ons op Jesus fokus en soek vir die positiewe ontdek ons die vreugde van die lewe. Dit vra ‘n kopskuif om Jesus tussen al die negatiwiteit raak te sien. Jakobus 1:19 sê: “_ “elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie._”
Gebed
Here, ek wil U met my woorde eer. Mag ek vandag positief U raak sien. Mag ek U ontdek waar ek dit dalk nie verwag nie. Amen.