Maandag 25 Julie 2022

Nehemia 1:4-6
“By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.”

Om oor te gesels of dink:
Nehemia is die skinker in diens van koning Ahasveros van Persië. Hy was van Judese afkoms en werksaam in die paleis. Dit was ‘n invloedryke posisie. Hy ontvang nuus van die toestand van Jerusalem en is diep geraak. Die mure is afgebreek en die stad is verwoes.
Hy ontwikkel ‘n pyn hiervan en pleit by die Here. Hy huil, vas en bid. Hy tree namens die volk en homself in by die Here. Dit is vir hom ‘n ernstige saak.
Het jy al so gevoel oor ‘n situasie of iemand?
Party keer druk die Here iemand op jou hart of ‘n situasie waarop jy nie anders kan as om te reageer nie. Jy weet jy moet iets daaraan doen, net soos Nehemia besef het hy moet iets doen.
Hierdie besorgdheid of pyn wat Nehemia ervaar, kom van die Here af en dit word sy passie en missie om ‘n verskil te maak.
Wat of wie druk die Here op jou hart?

Gebed
Here, ek besef dat U my bewus maak van….
Ek kom pleit by U vir wysheid om die situasie of persoon reg te hanteer. Mag ek U liefde so wys. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika