Markus 1:35-45
Mense eerste; eerste dinge eerste.
35 Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.
Genade, liefde, deernis, vrede en empatie is iets wat eers in ons lewens moet invloei, voordat dit dit deur ons kan vloei. Om bogenoemde aan mense te bewys is maklik as jy ’n ervaring daarvan het wat jy met iemand kan deel. Dit is eweneens net so moeilik om dit aan iemand te bewys as jy dit uit jou eie krag probeer doen.
Jesus, wat al die bogenoemde perfek beliggaam het tydens Sy aardse lewe, het eers tyd saam met die Vader spandeer en homself deurdrenk met Sy liefde en genade voordat Hy dit aan enigiemand betoon het. Op hierdie punt van die evangelie van Markus werk Jesus lang ure, sien baie mense, reis na baie plekke, en kry daagliks meer en meer volgelinge. Die Koninkryk het inderdaad naby gekom, en mense bekeer hulle en glo dit. Soos Markus se vertelling aangaan sien ons hierdie ritme van invloei en uitvloei duidelik in Jesus se lewe.
“I am so flawed that Jesus had to die for me, yet I am so loved and valued that Jesus was glad to die for me.” Tim Keller