Maandag 27 Junie 2022

Romeine 8:14-16
“Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.”
‭‭
Om oor te gesels of dink:
Wonder jy soms of jy rêrig ‘n Christen is? Wonder jy of jy aan die Here behoort? Paulus herinner ons dat ons kinders van God is, veral wanneer ons ons deur die Heilige Gees laat lei.
God het uit liefde vir ons Sy Heilige Gees gegee en ons Sy kinders gemaak, sodat ons in ‘n oop en intieme verhouding met Hom kan leef. Ons hoef nie bang vir God te wees nie. Inteendeel! Hy het ons as Sy kinders aangeneem en laat toe dat ons Hom as ‘n liefdevolle Vader leer ken.
Ons kan en mag Hom aanroep as “Abba”, wat beteken Vader. En juis as gevolg van hierdie kosbare verhouding is ons elkeen ‘n kind van God. Ons hoef nie hieroor te wonder nie. God se Gees leef in ons elkeen elke dag.

  • Wat ervaar jy om te weet dat jy God se kind is?
  • Deel jou hart met die Vader sonder om bang te wees. Hy is lief vir jou.

Gebed
Abba, Vader, dankie dat ek U kind is. Dankie dat U Gees in my is en my verseker dat ek aan U behoort. Mag ek vandag in U vrede leef en nie in vrees nie. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika