Maandag 27 Maart 2023

Johannes 11:1-45
Lees die verhale van Lasarus, Maria en Marta, en Jesus wat Lasarus opwek.

rou VRAE:

  • Die verhaal van Lasarus se dood is nie vir ons nuut nie. Voordat Lasarus sterf roep Maria en Marta vir Jesus. Hulle weet Jesus kan hom red terwyl daar nog hoop is. Maar Jesus reageer nie so vinnig soos hulle gehoop het nie. Lasarus sterf en dit lyk asof daar nie meer hoop is nie.
  • Maria en Marta is oorweldig met hulle rou wanneer Jesus by hulle aankom. Hulle het alles verloor en kan dit met Jesus deel. In hierdie oomblikke moet hulle rou en eerlik wees oor wat binne hulle harte aangaan. Hulle kan bely dat hulle swaarkry, en dat hulle steeds glo in Jesus.
  • Jesus rou oor Lasarus en is rou eerlik oor sy emosies wat hy beleef. Die verhaal eindig waar Jesus vir lasarus uit die dood opgewek het. Hierdie rou en treur proses, lei tot baie mense wat tot geloof kom.
  • Waar in die teks sou jy jouself vandag geplaas het? Met wie kan jy die meeste resoneer?
  • Watter emosies kom die meeste na vore vir jou? Hoe voel jy om Jesus te sien huil saam met jou?
  • Hoe lyk God se omgee in hierdie oomblikke?

rou OEFENING:

  • Neem ’n stuk papier. Maak ‘n lys van mense wat hoop nodig het.
  • Wat is jou gebed vir hierdie mense wat swaarkry om jou?

Gebed:
Noem die name op jou lys, een vir een, hardop vir die Here. Jy hoef nie enige iets by te voeg nie. Dit help soms om net dit vir die Here op hierdie manier te gee, veral wanneer jy voel asof jy nie ‘n verskil maak in die omstandighede nie. Deur hulle name te noem, bring ons elkeen wat siek is, swaarkry, pyn beleef, rou en God benodig na Hom.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika