Dinsdag 28 November 2023

Lukas 1:35-38
Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.” Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

Om oor te gesels en te dink
Ons vier Jesus se koms en geboorte tydens Kersfees! Mense het iemand nodig gehad om hul te kom verlos. Ons het 'n Verlosser nodig! Gister het ons nagedink oor ons verwagting van God. Miskien moet ons vra wat God se verwagting van ons is? In hierdie teks lees ons van 'n jong Maria wat gekies is om die moeder van Jesus te wees. Na 'n hele gesprekvoering met die boodskapper, die engel, sê Maria dat sy tot die beskikking van die Here is. Hier is ek Here. Miskien kan ons vandag nadink oor die verwagting dat ons ook geroep en gestuur word. Anders as Maria, maar tog ook geroep en ons kan ook die woorde gebruik 'Ek is tot beskikking van die Here'.

Gebed
Here, 'Ek is tot U beskikking'. Ek hoor hoe U my roep. Ek sien waar U my wil gebruik. Ek besef U het ook 'n verwagting oor my lewe. Ek is geroep tot 'n lewe van dissipelskap. Hier is ek. Gebruik my. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika