Psalm 62
6 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. 7 Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. 8 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. (Psalm 62:6-8)
Om oor te gesels:
Ons gaan hierdie week stilstaan by rus. Wat beteken dit om in die Here te rus. Jy mag dalk nou met vakansie wees of jy kan werk en uit sien na rus. Jy kan egter in die Here rus as jy werk of as jy met vakansie is. Dit gaan oor ’n ingesteldheid.
Gebed
Here, ek wil vandag by U kom rus. Ek raak so besig dat ek vergeet om net tyd saam met U te spandeer en in U liefde te rus. Help my om vandag weer by U rus te vind, want ek weet ek kan U vertrou. Amen.