Maandag 28 Mei 2023

Handelinge 8:26-29
'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is 'n stil pad. Filippus het toe klaargemaak en gegaan. 'n Ontmande Etiopiër wat 'n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid. Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.”

Om oor te gesels en te dink
In hierdie teks lees ons hoe God die een is wat eerste handel. 'n Engel van die Here sê vir Filippus om te gaan na 'n spesifieke pad. Fillippus word letterlik gevra om te beweeg. Waar beweeg die Heilige Gees in jou leefwêreld? En hoe word jy gevra om daareen te beweeg? Die teks noem ook hoe die Heilige Gees vir Filippus sê om te stap na die wa. 'n Tweede opdrag om te beweeg. Waarheen word jy vandag geroep om te beweeg?

Gebed
Here Jesus, maak vandag my oë oop om te sien waar U besig is in my leefwêreld en hoe ek kan aansluit by U beweging. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika