Maandag 29 Augustus 2022

Jeremia 1:4-5
“Die woord van die Here het tot my gekom: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.”

Om oor te gesels en dink
Kan mens al as 'n kind 'n roeping ontvang? Of is dit iets wat eers later in jou lewe met wysheid kom? Jeremia ontvang sy roeping en beskryf homself as te jonk. Hierdie vers begin met 'n herinnering dat God vir Jeremia (en vir ons) geskep het en dat hy nog voor hy gebore was geroep is. Jy is geroep van kindsbeen af, want dit is wie jy is: 'n kind van God. 'n Kind wat God in jou moederskoot gevorm het. 'n Kind van God wat steeds deur God gevorm word.

Neem 'n oomblik van stilte

Wat beteken dit vandag vir jou dat jy reeds geroep is? Hoe lyk dit prakties in jou lewe?

Gebed
Here, help my om opnuut te worstel met my roeping. Help my, Heilige Gees, om U stem en leiding te hoor. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika