Maandag 3 Mei

Matteus 13:1-9

3 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en 4 die voëls het gekom en dit opgepik. 5 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. 6 Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. 8 Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.” (Mat‬ ‭13:3-8‬)

Om oor te gesels
Jesus het graag gelykenisse gebruik om oor die Koninkryk te praat. Matteus, Markus en Lukas vertel vir ons die bekende gelykenis van die saaier. Die saaier saai die saad en dit val op verskillende plekke. Die boodskap van die koninkryk is die saad wat verskillend ontvang word. Ons is nie altyd so oop om die boodskap van die koninkryk te ontvang nie. Ons is soms so gewoond daaraan dit nie ’n impak maak nie. Ons is besig met die Woord van God, maar dit verander ons nie.
Ander kere val dit diep in ons lewens en is die impak en oes daarvan groot.
Ons moet onsself oopstel om ontvanklik te wees vir God se Woord elke dag.

  • Met tipe omgewing identifiseer jy vandag?
  • Wat wil jy doen dat die saad goeie oes lewer?

Gebed
Here, dankie vir U Woord wat soos saad in my lewe is. Ek stel my oop dat U Woord op vrugbare grond sal val, sodat dit ’n groot oes kan lewer tot eer van U koninkryk. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika