Maandag 30 Mei 2022

Handelinge 2:42-47
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

Om oor te gesels of dink
Kan jy aan 'n ete dink wat vir jou spesiaal geword het? Miskien die ete op iemand se troue? Of 'n verjaarsdagete? 'n Ete is eintlik net 'n gewone maaltyd, maar die geleentheid en mense kan dit veral spesiaal inkleur. In hierdie teks van Handelinge lees ons van etes wat intensioneel saam geëet word en daarom spesiaal is. Die Christene in Handelinge het iets verstaan van om saam aan 'n tafel te kom sit en met mekaar intesioneel tyd te spandeer.

Neem ’n oomblik van stilte
Hierdie teks in Handelinge getuig ook van mense wat deelnemend, aktief betrokke was in God se Koninkryk. Ons word as te ware ingenooi in 'n intensionele raakleef en verskil maak in God se Konkryk.
Hoe dink jy lyk so 'n lewe? En hoe dink jy lyk so 'n spreekwoordelike tafel?

Gebed
Here God, ek is nuuskierig oor hoe 'n meer intensionele lewe in U Koninkryk lyk. Wys my vandag, Heilige Gees. Ek wil U graag volg en deelnemend 'n verskil maak. In Jesus Christus se Naam alleen. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika