Maandag 31 Oktober 2022

Romeine 1:16-17
Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”

Om oor te gesels en dink
Vandag, 505 jaar terug in 1517 het Martin Luther sy 95 stellings teen die Wittenberg kerk geslaan. Hy het waarheid dat ons uit genade alleen gered word herontdek. Hy kon nie anders as om almal te herinner dat dit die ware evangelie is. Hy kon nie daaroor stil bly nie.
Ons weet dat die woorde van Paulus vandag nog net so waar is. God spreek ons elkeen vry enkel en alleen omdat ons glo en juis daarom ontvang ons ’n lewe saam met God.
Dink vandag daaraan dat jy juis ook deur God vrygespreek is. Jy hoef nie iets te verdien of te doen om Sy guns te wen nie. Deur Jesus word ons elkeen vrygespreek en dit is die krag van God wat dit moontlik maak. Ons kan ook nie daaroor stil bly nie.

Gebed
Here, ek verstaan nie altyd U genade nie, dis te groot vir my. Dankie dat U my vrygespreek het en dat ek die lewe ontvang. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika