Maandag 4 Oktober

Deuteronomium 6:4-5
Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag

Om oor te gesels en dink:
Hierdie gebed is bekend as die Shema, omdat Shema die eerste Hebreeuse woord van die gebed is. Dit word vertaal as luister.

Luister: Wat hoor jy? Raak bewus van die klanke om jou.
Is jy bewus van God se teenwoordigheid op hierdie oomblik?

Die Shema se vertaling as luister beteken meer as net hoor. Dit is om te luister, soek na God se wil en te doen. Dit het alles met ons roeping te make. Luister vandag na wat God spesifiek vir jou vra om te doen?

Gebed
Die Jode bid hierdie gebed twee keer 'n dag: in die oggend en die aand. Bid hierdie gebed vandag ook in die oggend en aand. Dalk meer as een keer. Fokus vandag spesifiek op die woord luister.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika