Psalm 126
“4 Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om. U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander. Vat so ons probleme heeltemal weg. 5 Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.” (Psalms 126:4-5 DB)
Om oor te dink en gesels
- Hierdie Psalm kyk terug en dink aan die vreugde dat die Here hulle verlos het. Ons het gelag en gesing (Ps 126:2) en was bly. Hulle het aan die Here die eer daarvoor gegee.
- Vreugde is nie ‘n oppervlakkige gevoel nie, maar ‘n diep wete dat die Here genoeg is: gister, vandag en môre.
- Nie net verklaar hul hul vreugde omdat die Here hul gehelp het, maar hulle vertrou die Here weer en vra daarna.
- Waarvoor moet jy die Here vertrou?
- Leef jy uit die vreugde van die Here?
- Lees ook Fil 1:6 hiermee saam: “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”
Gebed
Here, ek vergeet soms dat U dinge verander. Partymaal voel dit of U ander se lot verander, maar nie myne nie. Mag ek uit die vreugde leef dat U my swaarkry sal verander in vreugde. Help my om naby aan U te bly.
Amen.