Lukas 3:16-6
Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters. In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja:
“Iemand roep in die woestyn:
Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.
Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word;
die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word.
En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom."
Om oor te gesels en dink:
Johannes die doper het die weg vir Jesus voorberei deur 'n oproep na bekering. Hierdie Griekse woord vir bekeer is 'metanoia' en dit betken om weg of om te draai. Johannes het spesifiek verwys na 'n bekering, of te wel wegdraai, in die politiese en religieuse omgewings. Maar hy het verseker ook met mesnse gepraat oor hul eie lewennstyl en dit wat hul moet verander of van wegdraai.
Neem 'n oomblik van stilte.
Gebed
Here, bevry ons van ons skelm kompromieë
en ons goedkoop toewyding;
lei ons tot by ‘n helder visie,
en rein harte,
sodat ons net een ding wil:
om in liefde te antwoord op die liefde wat U aan ons bewys het.
Bevry ons van afgodediens,
en ons gewoontes van weerbarstigheid,
maak ons harte sag,
maak ons monde stil,
en maak ons hande oop,
sodat ons ten volle en met openheid na U,
en na u wêreld toe,
kan draai.
Gedeelte uit Prayers for a Privileged People, Walter Brueggemann, vertaal.