Psalm 107:28-31
“Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei. Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar. Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte. God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.”
Om oor te gesels en te dink
Ons almal beleef storms. Miskien beleef jy vandag ’n storm en weet jy nie watter kant toe nie. Hierdie Psalm herinner ons om in ons nood na die Here te roep. Hy is die Een wat ons uit ons ellende kan lei na ’n veilige plek.
Die golwe mag vir jou oorweldigend voel. Maar weet dat die Here stormwinde stil maak. Hy roep ons na die hawe en sal ons veilig daar uit bring. Laat ons nie self die storm probeer oplos nie. Kom ons roep die Here in ons nood en storm aan. Laat ons nie stil wanneer die Here wonderdade in ons lewens doen nie.
Gebed
Here, ek roep na U in my storm. Ek vertrou U. Mag U my veilig na die hawe toe lei. Amen.