Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook” (Joh. 11:25)
Identifiseer:
Ons hoor hierdie teks, maar glo dit soms moeilik. Ons glo in die ewige lewe, maar glo nie dat die Here ons nou kan help nie.
Kan jy hiermee identifiseer?
Waarmee wil jy die Here vertrou?
Oriënteer:
Dit is nodig dat ons onsself oriënteer en besef dat die Here ons ook nou help. Hy is nie net eendag daar nie. As ons besef die Here is nou by my, kan ek anders leef en Hom met my lewe vertrou.
Bely:
Ek kom bely vandag dat U die Opstanding en die Lewe is, soos wat Marta en Maria dit bely. Ek wil agter U aanstap en volg. Ek staan vandag stil en dink hoe U besig is om my lewe elke dag te vorm en verander.
Bid:
Here, U is die Opstanding en die Lewe,
Help my om U meer te vertrou, elke dag en nie net eendag nie. Amen.