Maandag 8 Februarie

Lees Klaagliedere 3:18-23
”18 Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. 19 Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; 20 as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.
21 Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot.”

Om oor te gesels:
Jeremia skryf die klaagliedere in ’n moeilike tyd in sy lewe. Die boek bestaan uit 5 klaagliedere waarin hy by die Here kla en dink dat die Here hom nie hoor nie.
Hier egter in die “middel” van die boek ontdek hy die sleutel. Net toe hy gedink het, hy het alle hoop verloor, besef hy dat deur die liefde van die Here het hy nie vergaan nie. Die Boodskap vertaal dit met: "die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou." God se ontferming (omgee) is elke môre nuut en Sy trou is groot.

  • Dink vandag hieroor na, gee vir die Here jou klagtes en hooploosheid wat jy mag ervaar en vertrou Hom om vir jou Sy liefde te wys.

Gebed
Here, ek voel partykeer so vasgevang in my eie situasie dat ek wil hoop verloor. Mag ek dit vandag ter harte neem dat deur U liefde ons nie sal vergaan nie. Dankie dat U liefde elke môre nuut is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika