Saterdag 1 Mei

Markus 1:16-17

16 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17 Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” 18 Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.

Markus maak dit baie duidelik dat Jesus mense saam met Hom gehad het van die begin van Sy aardse bediening af. Hy roep regte, gewone mense, in ’n taal wat hulle verstaan, en Hy neem hulle saam om te sien wat Hy doen, om saam met Hom te werk, en dan te getuig van wat Hy gedoen het, en hoe hierdie Koninkryk lyk wat Hy kom aankondig het.
Hierdie mense was Sy dissipels, wat later die apostels geword het, wat díe getuienis oorgedra het, sodat selfs ons dit vandag kan hoor, kan ken, en kan glo. Markus skryf dikwels in sy evangelie dat daar mense saam met Jesus was, juis om geloofwaardigheid te gee aan hulle getuienis. Hulle was dan daar!

Jesus se werk het een fokus: die Koninkryk van God! Soos Hy werk word dit sigbaar, soos dit sigbaar word staan elke mens wat dit sien en ervaar, ook ons as lesers van die storie, voor ’n keuse: bekeer ek myself en glo, of draai ek my rug hierop?

Om oor te dink

  • Hoe sal jy die Koninkryk van God vir iemand beskryf?
  • As iemand vir jou vra “wat is jou roeping?”, hoe antwoord jy daarop?

Om oor te bid

  • Vra vir Jesus om jou bewus te maak van jou roeping, en om jou te help om gehoorsaam daarop te reageer.
  • Vra vir Jesus dat ons getuienis as Christene meer en meer mense sal oortuig om in Hom te glo.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika