Saterdag, 10 Julie

Dien – Kwaliteit tyd

Lukas 10:38-42
_ 38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”_

Om oor te gesels of te dink:

  • Jesus het kwaliteit tyd saam met mense spandeer. Hy was nie besig om te fokus op ander dinge nie. Wanneer Hy met die Vader tyd spandeer het, was Hy net met die Vader besig. Wanneer Hy by sy dissipels was, was Hy besig om goeie kwaliteit tyd met hulle te spandeer. Wanneer Hy die mense geleer en genees het, het Hy hulle in die oë gekyk en hulle laat voel asof Hy hulle werklik sien en hoor. Wanneer Hy by sy vriende was, het Hy hulle laat voel asof Hy al die tyd in die wêreld vir hulle het. Kwaliteit tyd is om nie ander goed te doen en op ander goed te fokus terwyl jy in iemand se geselskap is nie. Dit is om die mense by wie jy is, ‘n prioriteit te maak.
  • Hoe lyk kwaliteit tyd in dien vir jou? Watter behoefte dink jy het ander aan kwaliteit tyd? Hoe voel jy oor kwaliteit tyd? Watter verskonings gee jy gewoonlik waarom jy nie iemand anders se behoefte aan kwaliteit tyd kan versorg nie? Waarom is dit moeilik om kwaliteit tyd te gee? Waarom is dit maklik om jouself uit die gee om van kwaliteit tyd te praat? Deel jou hart met die Here.
  • Diens voorstel vandag: Ons kyk na ons geliefdes en onsself vandag. Lees ‘n gunsteling boek. Doen ‘n gunsteling stokperdjie. Luister na jou maat se gunsteling musiek. Deel stories uit julle jong dae. Kyk ‘n film wat julle nog nie gesien het nie saam. Lê op die gras en kyk na die wolke of sterre. Doen saam ‘n legkaart.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om U wonderlike geur oral te versprei. Laat my siel oorloop met U Gees en U liefde. Here neem so totaal beheer van my lewe dat al wat mense kan sien is die buitengewone lig wat U skyn deur my. Skyn deur my op so ‘n manier dat elke siel met wie ek in kontak kom U teenwoordigheid sal ervaar. Laat elke mens opkyk na U en net U raaksien. Here, bly asb by my sodat ek kan begin skyn, en deur te skyn, kan ek skyn met ‘n warmte wat die ander wys na U, die ware lig. Here, dit is waarom ek vandag wil dien.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika