Saterdag 10 Oktober

Psalm 131

‘n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. 2 Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. 3 Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.” (Psalm 131:1-3‬ ‭AFR83)

Om oor te dink en gesels

  • Hierdie kort Psalm begin met ‘n verklaring om te sê dat hy kies teen hoogmoed en vir nederigheid. Klink amper hoogmoedig, maar hy stel daarmee sy vertroue in die Here.
  • Hy is nie bekommerd en besorg oor groot dinge nie.
  • Die beeld van afhanklikheid van ‘n kind kry ons ook in Matteus 18. Dit is om soos ‘n kind te wees - ‘n tweede naïviteit - ek kies om steeds te glo en te vertrou al is dit nie so maklik nie.
  • Tevredenheid gaan daarmee saam om op die Here te wag.
  • Maak vandag tyd om te reflekteer oor die week se Psalms en wat vir jou uitgestaan het. Bring dit na Hom toe en wag op die Here.

Gebed
Here, mag ek soos ‘n kind in afhanklikheid my tevredenheid by U vind. Help my om op U te wag.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika