Saterdag 10 September 2022

Psalm 14:7 en Psalm 53:7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer God die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.

Om oor te gesels:

  • Die Psalmdigters eindig beide Psalms met ‘n gebed. Dwaasheid is om te dink daar is geen God nie. Om met die Here te praat is ‘n bevestiging dat Hy daar is, en dat ons verhouding met Hom kan hê. Die Psalmdigters sê ook, “Wanner God die lot van sy volk verander”. Daar is nie twyfel nie. God gaan dit doen. Hy gee wat ons nodig het. God gee vir ons Sy teenwoordigheid, Sy wil en verhouding met Hom. Dit begin by erkenning dat God bestaan en gesprek met Hom.
  • Hoe lyk jou gebede? Waarvoor vra jy? Wat bely jy?
  • Hoe het Jesus se koms jou lewe verander? Hoe help dit wat jy van Hom ontdek jou om meer op God te fokus? Hoe help dit wat jy leef jou om op God te fokus?

Gebed:
Here, selfs in die stilte weet ek U is teenwoordig. Wanneer ek die pad verlore raak, weet ek U is teenwoordig. Here, wanneer ek weer met U begin praat weet ek U is teenwoordig. Dankie dat U ewig getrou versorg, voorsien en verlos. Here, U is waardig om geprys te word. Help ons asb om konstant op U te fokus.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika