Efesiërs 5:8-10
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is,
Om oor te gesels en dink:
Ons het met die dagstukkies hierdie week saam gereis oor wat dit beteken om te bekeer (weg te draai) en hoe God se Koninkryk van vrede lyk. Hierdie teks in Efesiërs moedig ons aan om onsself en eintlik die Here te vra of iets waarmee ons besig is, of selfs oorweeg, vir God aanneemlik is. Dit het alles te make met 'n daaglikse keuse om weg te draai van dit wat ons nie op God se Koninkryk laat fokus nie.
Neem 'n oomblik van stilte
*Wat het jy hierdie week in die dagstukkies of in jou gebede beleef is iets in jou lewe wat nie aanneemlik is vir God nie?
Indien jy nog nie daaroor gebid het nie, neem vandag 'n oomblik om hieroor te bid. Dit kan wees dat ons vir verskeie redes uitstel om die Here hierdie vraag te vra. Mag jy vanoggend deur die Heilige Gees oortuig word dat dit belangrik is om God te vra, eintlik voortdurend te vra, wat is aanneemlik in jou lewe of al dan nie. Dit is deel van wat bekering (weg draai) of te wel draai na God se Koninkryk beteken.
Gebed
Jou eie gebed: Here, ek wonder oor… of Here, is hierdie… vir U aanneenlik?