Saterdag 11 Februarie 2023

Psalm 90:12, 14, 16-17
“12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. 14 Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.
16 Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

Om oor te gesels en te dink
Psalm 90 is ’n kosbare gebed om elke dag te bid. Dit vra vir wysheid dat ons elke dag ons dag reg sal gebruik. Dis ’n versugting dat ons vreugde sal beleef.
Die Here se goedheid is by ons, ons en ons kinders moet dit raak sien en God daarvoor eer. Met hierdie gebed vra ons ook dat die Here die werk van ons hande in stand sal hou. Hiermee verklaar ons, ons afhanklikheid aan Hom. Dit is ’n keuse om God se goedheid elke dag om ons raak te sien.

Gebed
Here, ek kom bid vir wysheid. Leer my om my dae so te gebruik. Mag ek U goedheid elke dag nuut raaksien. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika