Saterdag 11 Junie 2022

2 Petrus 1:10-11
10Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie. 11En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

Om oor te gesels of dink
Petrus moedig ons aan om ons daarvoor te beywer God en sy koninkryk eerste te stel. Ons moet anders lewe omdat God ons geroep en gekies het. Ons kan nie dieselfde bly nie. Wanneer ons in gehoorsaamheid leef, sal ons kan leef soos Jesus van ons vra en sal ons nie struikel nie.
Die implikasie van die Heilige Gees wat in ons is, gee ons vrye en feestelike toegang tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser.
Dink vir ’n oomblik na oor die implikasie hiervan. Ons elkeen het nou vrye toegang tot God. Ons kan nou reeds God se goedheid en liefde hier op aarde ervaar.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek vrye toegang tot U het. Dankie dat U my geroep en verkies het. Help my om hierdie geloofspad voluit en enduit saam met U te stap. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika