Saterdag 11 Maart 2023

Openbaring 22:1-5
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

rou VRAE:

  • Hoe sou die gevoel beskryf wanneer jy vasgeloop voel?
  • Vra vir jouself, wat weet ek van liefde, selfs in hierdie plek?
  • Vra vir jouself, waarin is my wortels geplant, selfs in hierdie plek?

rou OEFENING:
Wanneer dit voel asof ons vasgeloop is in ons omstandighede, is dit nodig om onsself geestelik weer te reoriënteer. Een van die beste maniere om dit te doen, is ons ons ritmes rond te skyf en ons roetine te verander. Hoe kan jy alles wat jy gewoonlik moet doen, van nou af anders doen?

rou GEBED:
Here, maak los wat vasgeloop is in my lewe. Here help om alles in my lewe weer te laat vloei soos ’n oseaan. Here, laat alles wat ek begeer vloei saam met die sagmoedigheid van U hart. Here, laat alles wat ek begeer om te doen, met U krag wat reeds werksaam is in die wêreld verstrengel word. Amen

Nog om na te kyk

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram