Saterdag 11 November 2023

Matteus 14:32-33
Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”

Om oor te gesels en te dink
Nadat Petrus en Jesus in die boot geklim het, het die wind bedaar. Die dissipels het besef dat Jesus die Seun van God is en Hom aanbid. Ons sien dat wanneer ons in die boot is, ons kan weet dat Jesus by ons is. Ons hoef nie eers uit te klim om Hom raak te sien nie. Jesus is reeds by ons.
Die vroeë kerk het die simbool van ’n boot gebruik om hulle te herinner dat God by hulle is. Dit het vandag nog dieselfde betekenis. Die Here is by ons en ons kan Hom aanbid as die Seun van God. Ons hoef nie in vrees te lewe oor die storms wat oor ons woed nie. Hy is by ons, sodat ons nie bang hoef te wees nie.

Gebed
Here Jesus, dankie dat U in al die storms by my is. Ek aanbid U as die Seun van God. Mag ek rustig wees in die wete dat U nooit alleen sal los nie. Amen.


Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika