Saterdag 12 Augustus 2023

Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.

Om oor te gesels en te dink
Ons het hierdie week stil gestaan om na te dink hoe ons Jesus se denke na navolg. Die Boodskap vertaling stel dit ook baie duidelik: “_ “Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel._”
Ons moet ons gedagtes op God rig en soos die ou Halleluja-lied sê: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een…” So sal ons denk vernuwe en meer soos Jesus s’n word.

Gebed
Here Jesus, ek wil soos U wees en dink. Ek wil fokus op alles wat waar is. Mag ek my besig hou met dinge wat vir U die moeite werd is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika