Saterdag 12 November 2022

Psalm 25:4-5
“Maak my u wil bekend, Here,
leer my u paaie.
Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,
want U is God, my redder.
In U stel ek elke dag my verwagting.

Lees vandag hierdie teksgedeelte in STILTE twee of drie keer deur.

Om oor te gesels en dink
Waaraan dink jy as jy vir God vra om Sy wil aan jou bekend te maak? Is dit iets spesifiek in jou lewe of oor die algemeen? Is jy oop vir God se waarheid om jou te lei en onderrig?

Stel jouself vandag oop om verras te word wat God jou vandag kan leer en Sy wil aan jou bekend maak. Dit kan deur mense wees, Sy Woord, ervarings ens wees.

Gebed
Here, in U stel ek vandag my verwagtinge. Maak aan my U wil vir my lewe bekend. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika