Matteus 6:9-13
10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
Kan jy glo dat ons die hele week kon besig bly met net een vers van die Onse Vader? Kom ons neem ’n oomblik en dink weer na oor alles wat ons geleer het:
Laastens, gaan ons vandag leer hoe hierdie een sin ons daaglikse lewens verander. Dit is ’n sin in die gebed wat baie praktiese implikasies het, selfs in al die klein goed wat ons elke dag doen.
Waarom so ’n radikale stelling? Want hierdie gebed kommunikeer ’n lojaliteit en ’n getrouheid aan ’n ander koning en ’n ander koninkryk! Jou hele lewe is dan onderdanig aan hierdie koning. Dit beteken dat ons ons lewens sal prioritiseer volgens die reels en etos van hierdie koninkryk.
Kort na die Onse vader stel Jesus die mense wat na Hom luister gerus deur hulle te verseker dat hulle Vader weet wat hulle nodig het, en ook die belofte dat Hy dit vir hulle sal gee. Daarom dan, siende dat ons ons nie daaroor hoef te bekommer nie, kan ons eerste prioriteit die koninkryk wees. Daarom sê Jesus in Matt 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”
Hierdie gebed is ’n gebed van nederigheid. Deur ons sin vir die week te bid erken ons dat ons begeertes en ons daaglikse doen en late nie altyd die koninkryk eerste stel nie. Inteendeel, ons leef dikwels asof ons die konings van ons eie klein koninkryke is, en daarom het ons hierdie daaglikse oorgawe aan en fokus op die regte koninkryk baie nodig.
Om oor te dink:
”The church exists primarily for two closely correlated purposes: to worship God and to work for his kingdom in the world.” N.T. Wright