Saterdag 13 Mei 2023

Matteus 28:20b
En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Om oor te gesels en te dink
Volgens Matteus sluit Jesus sy opdrag aan die dissipels met hierdie belofte af dat hulle nooit alleen sal wees nie. Dit is ook die woorde waarmee die evangelie eindig.
Jesus verseker ons dat ons nooit alleen sal wees nie omdat Hy altyd by ons sal wees. Maak nie saak wat ons uitdaging of probleem is nie, Jesus sal by ons wees. Ons wil baie keer vra dat Jesus iets in ons lewe moet wegvat of verander omdat Hy daar toe in staat is. Jesus sê eerder dat Hy by ons is, te midde van uitdagings en probleme.

  • Watter verskil maak dit om te weet dat Jesus altyd by jou is?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U altyd by my is. Dankie dat U my nooit los nie. Ek aanbid U as my Here en my God. Amen.


Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika