Waar kan ons die Gees hoor praat?
Job 6:10
Dan sou dit my troos wees: dat ek ten spyte van my pyn ook vreugde sal hê dat ek die woorde van die Heilige nie ontken het nie.’
Om oor te gesels:
- Dit is belangrik om te weet dat die Gees deur ons pyn ook met ons praat. Hoor mooi. God skep nie vir ons pyn sodat ons Hom kan hoor nie, maar wanneer ons pyn beleef, gebruik die Gees dit ook om met ons te praat. Pyn leer vir ons om nie dieselfde ding aan te hou doen nie, om nie vasgevang te bly in dieselfde plek nie, en oom nie probleme te ignoreer wat gevaarlik kan wees. Indien ons nie pyn beleef nie, is ons dood of psigopaties. Pyn leer vir ons wat belangrik is, waaroor ons passievol is en waar ons waardes lê.
- Watter pynlike ervarings is daar tans in jou lewe wat jy probeer vermy, maar waar die Gees dalk vir jou iets wil sê? Wat dink jy kan jy leer van die situasie wat vir jou pyn veroorsaak?
- Hoe kan jou ervaring van die pyn belewenis anders lyk as jy weet Jesus is saam met jou in daardie omstandighede? Dat Hy jou vashou terwyl jy seer het en jy pyn beleef?
- Dink aan ‘n tyd waar jy baie pyn beleef het (rou, hartseer of siekte) en later en later deur die Here in vreugde omgedraai is. Hoe het hierdie ervaring jou verhouding met God en die Gees jou beinvloed?
Gebed:
Heer van my lewe,
Hierdie is my aanbidding, hierdie is my offer
In elke oomblik weerhou ek niks van U nie
Ek leer om U te vertrou, selfs as ek nie kan sien hoe U dinge gaan laat uitwerk nie
En selfs in lyding, moet ek dit glo
As U sê: 'Dit is verkeerd', dan sal ek nee sê
As U sê "Los" sal ek laat gaan
As U saam met my is, sal ek dit aanpak
En as U sê om te spring, sal ek heelhartig in dit induik
As U sê: "Wees stil," dan sal ek wag
As U sê om te vertrou, sal ek gehoorsaam wees
Ek wil nie my eie weë volg nie
Ek is klaar om net my gevoelens na te jaag,
Heilige Gees lei my
Amen