Saterdag 15 Oktober 2022

Lukas 10:32-37
Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”

Om oor te gesels of te dink:
Hierdie teks plaas klem daarop dat die Samaritaan hom 'innig jammer gekry het'. Daarom versorg hy hom, neem hom na die herberg en gaan meer as die ekstra myl. Die Samaritaan gaan letterlik uit sy pad om iemand, wat ons nie sou verwag het nie, te help. Gasvryheid vra van ons om ook mense te onvang wat ons nie sou verwag nie. Of om dalk self deur mense ontvang te word. Kan jy vanuit barmhartiheid en 'innig jammer' optree? Mag jou hart jou lei om gasvry met mense om te gaan.

Gebed:
Here, gebruik my vandag om mense gasvry te ontvang, nes hul is. Of Here, om gasvryheid self te aanvaar. Mag ons mense innig raaksien en self raakgesien word. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika