Saterdag 16 April 2022

Stilstaan oomblikke – Op pad na die kruis
Teksvers:
‘Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle ‘n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.’ (Matteus 27:62-66)

Identifiseer:
Vandag is Stil Saterdag. Jesus is gister gekruisig en die dissipels is verward en probeer sin maak oor wat gebeur het. Die priesterhoofde probeer planne beraam, terwyl die dissipels treur.
Skielik was alles stil.

  • Wat dink jy het die dissipels ervaar?

Oriënteer:
Neem vandag tyd om in stilte na te dink oor die afgelope Lydenstyd. Ons het na verskeie Stilstaan Oomblikke gekyk en kons daaruit leer en ervaar.
-Wat het jy meer van Jesus geleer?
-Wat het jy meer van jouself geleer?

Bid:
Jesus, ek is stil vandag. Ek probeer dink wat die kruis van U gevra het. Dankie dat U hierdie pad vir my gestap het. Amen.

Nog om na te kyk

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram