Prediker 12:13
Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
Om oor te gesels en dink:
Ons het hierdie week saam met Prediker ontdek wat die geheim van die lewe is. Aan die einde van die boek sê Prediker: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is so eenvoudig, maar nie maklik nie.
Partymaal voel dit dat nie help om die Here te dien nie, ons wil moed op gee. Iemand het gesê: “Wanneer motivering ontbreek, moet dissipline oorneem.” Dit is soms ook so in ons geloofslewe. Ons voel nie altyd gemotiveerd om Bybel te lees nie, maar dan is die dissipline om wel Bybel te lees vir ons goed. Of as ons nie wil bid, om tog steeds jou hart met die Here te deel.
Gebed
Here, dankie vir lewe! Dankie dat U my leer om te lewe. Mag ek U gehoorsaam dien en U met alles lief hê. Amen.