Lukas 24:45-49
45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ 48Julle is getuies van hierdie dinge. 49En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.” (Luk 24:45-48)
Om oor te gesels
Ons het hierdie week nagedink oor die opstanding en wat dit beteken. Jesus het Homself aan die dissipels bekend gemaak, veral ook aan Petrus. Petrus stap ’n besondere pad met die Here en tog los die Here hom nie. Selfs as hy of die dissipels nie verstaan nie of twyfel, is Jesus geduldig. Hy open telkens hulle verstand om die Skrif te verstaan.
Jesus herinner Sy dissipels dat Hy moes ly, maar het opgestaan en so vergewing van sondes gebring het. Elkeen wat in die opstanding glo is ’n getuie daarvan - ook ek en jy.
Verder belowe Jesus dat die Vader Sy gawe, die Heilige Gees vir ons gaan stuur. Ons weet dit is waar en daarom sien ons daarna uit om tydens Pinkster weer dit te vier. Jesus is deur Sy Gees by ons elkeen.
Gebed
Jesus, open elke dag my verstand dat die Skrif kan verstaan. Dankie dat U my deel maak van U koninkryk en dat ek getuie daarvan kan wees. Dankie dat U Gees by ons is. Amen.