1 Korintiërs 13:11-13
“Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”
Om oor te gesels en te dink
Om in liefde te leef is nie altyd maklik nie. Daar is dinge wat mens nie altyd verstaan nie. Oms ken nie nou ten volle nie en ons verstaan ook nie ten volle nie, maar eendag sal ons ken en verstaan soos God ons ken.
Ons kan nie liefde leef, omdat ons dit nie verstaan nie. Ons moet juis daarop fokus. Saam met geloof (ons verhouding met God) en hoop (die sekerheid dat God sy beloftes hou) is die liefde die grootste.
Laat ons nie moeg word om lief te hê, terwyl ons in geloof en hoop leef.
Gebed
Here God, U is liefde. Al verstaan ek nie altyd nie, bly U liefde staan. Mag ek met geloof, hoop en liefde leef. Amen.