Deernis – Leef stereotipes dood
Johannes 7:45-52
45Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” 46Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” 47Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie? 48Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs? 49Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!” 50Nikodemus, wat voorheen na Jesus toe gekom het en wat een van hulle was, sê toe vir hulle: 51“Volgens ons wet kan ons mos nie sommer iemand veroordeel sonder om eers sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.” 52Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.”
Om oor te gesels:
Gebed:
Liewe Heer,
God, leer ons om te sien op die manier hoe ander mense ook die wêreld sien. Om te verstaan hoe my werklikheid en ander se werklikheid verskil. En tog as mense het ons basies dieselfde begeertes.
Leer ons om te luister na die gevoelens en ander punte wat ons aan mekaar verbind.
Leer ons om nuuskierig te wees en oop te wees vir dit waarop ons verskil.
Leer ons om in gebrokenheid lief te hê, om ruimte te gee vir mekaar en om geduldig te wees vir U genesende krag.
Laat ons sterk genoeg wees om kwesbaarheid te wees, om gemaklik te weet met dit wat ons nie weet nie, om blootgestel te wees aan die minder as perfekte gedeeltes in ons en ander voor ons.
Gee ons moed om oordeel, bespotting en haat in die gesig te staar omdat ons U volg.
Laat ons goeie mense wees wat U ons goeie God dien. Mag ons U goedheid reflekteer en U beeld uit dra.
Gee ons die krag, God, om empatie te bly voel, selfs as ons moeg en gebroke is. Help ons om ander met deernis te hanteer. Laat ons net met antwoorde en oplossings na mense kom nie, maar dat ons vir mense vra wat hulle nodig het wanneer ons hulle wil dien.
Here, mag U die empatie voel wanneer ons met U mense handel.
Amen.